| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

Sarah Theron

Sarah Theron se splinternuwe CD en konsert, SIT DIE KETEL AAN, gaan haal die verwantskap tussen AFRIKAANS en DIE RITME-&-BLUES van waar hy kom. Die titel SIT DIE KETEL AAN, is juis 'n sêding van haar suster, Johanna, wat gewoonlik laat weet hulle "is om die draai, sit solank die ketel aan." Hierdie musiek is op die tong van die volksmond en uit die hart van 'n Boere-Diva.

Sarah se nuwe songs is die resultaat van trotse samewerking van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse liedjieskrywers. Wouter van de Venter, het die ritmiese EK SOEK JOU HIER BY MY geskryf. Daar is werke van Rian Swanepoel (ENGEL Oë), Fredi Nest (MY OUMA SêRA), Johan Groenewald (DIE WINDPOMP), Alistair van Huyssteen (KOM ONS NEUK DIE WêRELD OP) en Andries Botha. Drie nommers het Sarah saam met Andries gepen (DIRKIE, DAAI BLOU KITAAR EN SIT DIE KETEL AAN). Die afgelope maande het Sarah ook al hierdie liedjies gesing as Baby Botha in EGOLI. Met haar rokerige altstem, vleg Sarah prentjies en stories aanmekaar, wat jou laat verlang na dinge lank gelede en mense wat jy nog moet ontmoet!

"Afrikaans klink so lekker as ons dit sing oor die stewige rock & roll blues-vorms van die pioniers van ons musiekwortels. Afrkaans verstaan van stofpaaie en droogtes, hartstogtelike liefde en 'n man wat mooi lyk in sy denimbroek," sê Sarah. "Dis soos om tuisgemaakte vyekonfyt te eet, of patats in die warm as van 'n vuur te bak. Tuis, maar ook baie exiting!

Hierdie Blou-Kontrei-Volks-Ruk-en Rol is deel van wie ons is en deel van ons warm hartklop as Afrikaanses. Ons het die passie, die ritme en die geloof aan ons herkoms. Musiek laat ons opnuut onthou wie en wat ons is.
SIT DIE KETEL AAN. GOOI 'N IETSIE BY VIR DIE PAARTIE. Lekker & gesellig.

• Wanneer Sarah Theron haar mond oopmaak en sing, is dit soos ‘n tsunami van krag wat oor jou spoel. - Lize Beekman, VONK
• Sy sing jou in 'n ander bloedgroep in - Willie Strauss, RAPPORT

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development