| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

 

Seks in die Suburbs
‘n komedie met swart ondertone

‘n Man en ‘n Vrou. ‘n Ouer vrou en ‘n jonger man. Hy is pas afgestudeer en sy lek al aan vyftig. Sy’t hom opgetel (na ‘n paar glase wyn) by ‘n funksie waar hy ‘n kelner was en sy is vasbeslote om na meer as ‘n dekade se droogte weer haar seksualiteit te laat geld. Altwee is alleen. Atwee is op soek na iets soos die ander…

Maar die passie word gekortwiek deur ‘n inbreker en stuur die aand na gesprekke oor selfverdediging, swak oesjare en die Groot Griep! Gesprek is die enigste verweer teen die dreigende gevaar. Is die slaapkamer die paradys of dalk Jean Paul Sartre se hel…“Hell is other people”?

Na vele ontblotings en gepaardgaande skokke (ook ‘n elektriese een) kom hulle tot die onthutsende gevolgtrekking dat bloed kruip waar dit nie kan loop nie…

Seks in die Suburbs is geskep in opdrag van die Aardklop Kunstefees 2009. Paul Boekooi skryf in Spat, die amptelike Aardklop feeskoerant, “…die lekkerste sekskomedie op die fees…” en ook “Die slottoneel, wanneer alles bedaar is ‘n briljante ingewing”. Die akteurs in Seks in die Suburbs is Susanne Beyers en Eben Genis. Beyers is bekend vir haar boekvoorlesings op RSG van oa. Tussen Stasies en Ver Wink die Suiderkruis. Sy was destyds ook op TV te sien in Arende en Onder Draai die Duiwel Rond en meer onlangs in Erfsondes en Binnelanders. Genis het sy verhoogdebuut in 2004 gemaak in Marthinus Basson se produksie van Maria de Buenos Aires en het daarna ook gespeel in oa. Smag, Reza de Wet se Broers en meer onlangs die acapella musiekblyspel Noah of Cape Town.

Die teks en regie is deur Francois Toerien, bekend vir sy sketskomedie produksie Die Francois Toerien Show asook aanbieder van DKNT op kykNET.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development