Stercus Produksies & Spektrum produksies
Bied aan
Sneeuwitjie en die sewe Dwerge
Please note that our “kiddies” menu is only available during Children shows in the day and NOT during our regular evening shows.
Spektrum en Stercus produksies gaan voort met hul vernuwing van klassieke sprokies met Sneeuwitjie en die Sewe Dwerge. Die oorspronklike sprokie is deur die Broers Grimm, en Gaerin Hauptfleisch het dit verwerk tot ‘n vermaaklike verhoogstuk.
Om die verhaal te vertel word al die pyle in Faktotum Fourie se koker gebruik. Ligte, poppe, klankeffekte en sy gebruiklike doen-dit-self talente word ten toon gestel om Sneeuwitjie en die sewe dwerge te red van die nare Koningin en haar praatsieke spieël. Daar is ook sprake van ’n Prins, as die Koningin hom nie reeds uitgesorteer het nie.
Regisseur Gaerin Hauptfleisch is al bekend vir sy prettige “panto-mini’s” soos Aswoestertjie en Sneeuwatjie? Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman wat al vele kindertoneelstukke op hulle gesamentlike kerfstok het, nie net by Kunstefeeste soos KKNK nie, maar ook by skole oor die hele Wes-Kaap. |