"Soul of Fire" is a genre-bending production conceived by Zanne Stapelberg and Kathleen Tagg as a vehicle for the magnificence of music from Spain and Latin America. With the unique combination of instruments- violin, piano, bass and percussion with voice, the possibilities are endless as to the variety of the performance.
The program juxtaposes classical Spanish songs by Montsalvage, for which Zanne is so well-known, with the instrumental tangos of Astor Piazzola in new, original arrangements, to the magical energy of Spanish Zarzuela. All of this is rounded out by new arrangements of haunting folk songs in Spanish and Portugese from Spain, Argentina and Brazil.
"Soul of Fire" is a passionate and inspired production by two of South Africa's most gifted classical musicians.
In Zanne Stapelberg en Kathleen Tagg se "Soul of Fire" word verskillende genres - van klassiek tot volksmusiek - deurmekaargeklits tot 'n vertoning waarin die skoonheid van die musiek van Spanje en Suid-Amerika kan skitter. Met die unieke kombinasie van instrumente - viool, klavier, kontrabas, perkussie en stem word elke moontlike aspek van díe wonderskone, opwindende musiek ontgin en op sy kop gekeer.
In die program word die klassieke liedere van komponiste soos Montsalvage, waarvoor Zanne so bekend is, naasmekaar gestel met die instrumentale tangos van Astor Piazzolla, asook die magiese energie van die Zarzuela. Voeg hierby die nuwe verwerkings van betowerende volksmusiek in Spaans en Portugees uit Spanje, Argentinië en Brazil en jy het 'n wenresep!
"Soul of Fire" is 'n passievolle, begeesterende produksie deur twee van Suid-Afrika se mees talentvolle musici.

|