| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

STOEPSTORIES

Na baie soebat en mooipraat het ons daarin geslaag om Ollie Viljoen en sy span storievertellers te oortuig om nog STOEPSTORIES na Die Boer te bring

Die kuns van storie-vertel is diep gewortel in die Afrikaanse kultuur en psige. Wie sal ons legendes soos Jan Spies, Tolla van der Merwe, Pieter Pieterse, PG du Plessis en vele meer ooit kan vergeet?

Gelukkig is hierdie tradisie veilig in die hande van manne soos Jammies Jamneck, Pyp de Villiers, Nico Nel en ander wat belowe om die lagspiere nog lank te prikkel.

Jammies Jamneck kan vergelyk word met die SAUK se byklanke-biblioteek. Die geluide wat hy kan opdiep om sy skreeusnaakse stories te illustreer is bykans ongelooflik.

Nico Nel is reeds 'n legende en het 'n spesiale gawe om die alledaagse dinge op so ‘n manier te vertel dat jy met seer lagspiere sal huis toe gaan. Hy kan ook met die grootste detail en deernis 'n gehoor te oortuig dat perde *** eintlik vye is en net as die arme gehoor dink dat daar dalk ‘n ruskans is, word Pyp de Villiers op hulle losgelaat!

Wat sal ‘n goeie storie aand wees sonder goeie kos. Trix Pienaar is ons spesiale “gas”- chef vir die aand en saam met ons eie chef Daniel Heyns gaan hulle ‘n spesiale bredie en boontjie-sop maak wat jou sal laat verlang na jou ouma se AGA-stoof!

Gelukkig is daar darem musiek ook en Ollie Viljoen span saam met die briljante Weskus kitaarspeler Pieter van der Westhuisen om musiek te maak wat jou sal laat dink aan die see, braaivleisvure, rooiwyn en mense wat jy nog nie ontmoet het nie.

Is daar enige iemand wat nie 'n bietjie meer "lag" in sy lewe nodig het nie? Ek dink nie so nie... Hierdie is Afrikaanse kultuur, kos en musiek op sy beste en lekkerste!

 

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development