| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

Thys die Bosveldklong

Thys die Bosveldklong en musiek was van kleins af maats. Reeds op skool het hy begin kitaar en tromme speel. Saam met medemusikante het hy gou Hoër Tegniese Skool Bellville se eie orkes op die been gebring. Thys en sy vriende het geleef vir musiek en hulle orkes het gou groot gewildheid by gesellighede en danse verwerf.

Hulle het selfs een keer aan ‘n kompetisie gaan deelneem en die tweede plek ingepalm!

Gedurende sy weermagdae was dit nie veel anders nie. Gou het die sammajoor en kommandant Thys se talent opgemerk. Hulle het sy geweer teruggeneem en hom eerder weer sy kitaar laat tokkel. Daarna was niks weer dieselfde nie.

Thys het by elke denkbare weermagfunksie en kroeg moes optree. Later van tyd het hy aan avontuurkampe begin deelneem, waar die kitaar natuurlik nooit agtergebly het nie.

In 1995 het Thys bedank om sy eie ding te probeer doen. Hy het as instrukteur by buitelugavontuurprogramme opgetree en ook daar die kursusgangers om die kampvure vermaak. Gou was hy nie meer tevrede met laatnag kampvuurkonserte nie. Nou het hy ook sy stem en kitaar laat hoor in die restaurante en dameskroegies van Pretoria.

Thys het baie vinnig ‘n aanhang onder sy luisteraars opgebou en net mooi ‘n jaar later besluit hy (onder baie druk van ‘n goeie vriend) om ‘n demonstrasie-straalplaat op te neem. Die straalplaat het uit vier liedjies bestaan, waarvan Thys twee self geskryf het.

Hy het dadelik met die straalplaat in die hand begin rondkyk vir ‘n platekontrak en dit was ook nie ‘n week later nie of hy kry hom!

Nou ja , die res van die storie is eintlik baie eenvoudig. Thys het sy eerste straalplaat in 1997 opgeneem (Man se ding) en daarna was daar geen keer aan hom nie!

Thys die Bosveldklong. Thys is back at die Boer with his hilarious stories , dance-routines and footstomping music. This man can do more with his stomach than most people with their hands or feet. Nobody is safe...

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development