| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Trix Peinaar

Trix Peinaar, Haar stories oor haar kinderdae in die Swartland het duisende al plesier verskaf. Kontreistories is gelaai met deernis, hartstog en humor. Dit handel ook oor die kleurryke karakters van haar geliefde Swartland… in ‘n taal en aksent so kwistig en geil soos sonryp koring…

TRIX PIENAAR- KONTREISTORIES

As jy moeg is vir die verkeer, die onstellende koerantopskrifte en die gejaagdheid van die lewe, doen jouself n guns en kom ontspan ‘n aand in die geselskap van Trix Pienaar en haar kontreistories. Daar is geen musiek of danspassies nie, net die skoonheid van die taal, ‘n skat van stories en karakters en n ryk Swartland aksent wat uit Trix se mond soos sonryp koring oor jou vloei.

Die atmosfeer is een van warmte, nostalgie en humor. Daar is geen politiek, geen protes of bitterheid - net ‘n glimlag om jou mond as jy herinner word aan al die goeie dinge in die lewe waarvan jy al vergeet het.

Kontreistories is kos vir jou siel, n skans teen n ongenaakbare wereld en n geleentheid om die wonderlike kuns van storievertel te herontdek.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development