| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Wicus van der Merwe

Die winter is genadiglik amper verby en Wicus van der Merwe is net die man om jou in regte luim vir die lente te kry! Wicus volg in die voetspore van sy legendariese pa, Tolla. Sy gunsteling klere is jeans, t-shirt en tekkies – “want dis die gemaklikste !” Sy musiek is presies dieselfde: vol stories, kwinkslae en Weskus-wyshede wat ‘n glimlag op selfs die groefste gesig sal sit. Met sy eie oorrompelende styl, steek hy die draak met alles en almal, maar dis duidelik dat hy nie die wêreld, of homself te ernstig opneem nie.

Bio-grafie
Willem Jacobus – oftewel Wicus - van der Merwe het op Clanwilliam groot geword en woon deesdae op Malmesbury. Hy is die ontslape bobaasstorieverteller en humoris Tolla van der Mewe se se oudste kind. Wicus het twee susters en ‘n broer.

Hy vertel dat skool nie juis sy sterkpunt was nie en dat hy basies net daarin geslaag het om genoeg te doen om om nie in die moeilikheid te kom nie!”.

Tale, L.O. en pouse was sy gunstelingperiodes. Die res, enigiets van biologie tot rekeningkunde, het hy verpes. “Ek het ‘n G - vir ‘genade’ - in matriek vir rekeningkunde gekry. Ek was veral “useless” met houtwerk. Op ‘n klein dorpie soos Clanwilliam doen jy alles, van toneel, koor, skaak en kadette tot rugby, tennis en swem. (“Ek was darem ‘n eerstespan-haker van std.9 af en het op ‘n skamele 59kg ingeweeg!)

Wicus is getroud met René, ’n nooi, gebore in Keetmanshoop en getoë in Vredendal: “die mooiste blom wat uit die Namakwaland kom!”

Ná skool is Wicus Vloot toe vir ‘n jaar vir sy diensplig en daarna Stellenbosch toe.

“Ná die Bos is ek onmiddellik in ‘n bankjoppie in en het daarna stadig in die versekeringswêreld in beweeg:. Hy het hy ‘n BA-graad “in g’n spesifieke rigting nie in vier jaar ingedruk,” makelaar geword en tussendeur stories vertel en begin sing... En nou is hy vir musiekroem bestem!

Kom ontmoet Wicus in lewende lywe by die BOER teater-restaurant in Durbanville. Bespreek by (021) 979 1911

(Ps: Los jou worries, griewe en pyne by die huis!)

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development