Wicus van der Merwe bied ‘n dubbelalbum wat die volle omvang van sy talent en veelsydigheid ten toon stel.
Hier is Hooit!
Op sy jongste album - Hooit! - bied dié goueplaatkunstenaar sy beste werk nóg! Hooit! is ‘n dubbelabum waarop Wiucs sy eiesoortige stempel afdruk en in erns en luim vermaak van die boonste rak bied.
Die eerste CD bevat sestien nuwe liedjies en die tweede CD bevat vyftien stories wat voor ‘n gehoor in die Boer-restautant opgeneem is.
Die album fokus op Wicus se veelsydigheid: sy liedjieskryfvernuf (met die meeste van die liedjies sy nuutskeppinge, enkeles in samewerking met medeskrywers), sy vlymskerp humor – én sy vaardigheid as ernstige sanger.
Met die snitte Hey hey hey, Hooit, Maak los die honde, Paartie vanaand op die strand, Oor die kole, Buffalo!,Moeniemounie en Spietkop (‘n boeremieks én ‘n kolskoot-rymkletsweergawe), skep hy dansvloervreugdes – gevul met glimlagritme.
Dan stel hy luisteraars bekend aan sy ernstiger sy met die ballades My René (opgedra aan sy pragvrou), Romeo en Juliet (‘n moderne realiteitklap) en Liggies. (meevoerende nostalgie). Op dié liedjies boei Wicus die luisteraar onmiddellik: met liriek én popreg vokale streling. Die progressiewe gogel-rocksnit Krisjan en die ander liedjies uit ‘n man se oogpunt – Ek hoop, Girl van die Highway (waarin die bordjies behoorlik verhang word!) en Fanie se lovesong – laat die luisteraar met aandag luister.
Wicus is wel die gewildste sanger van humoristiese kuierkroegmusiek, maar selfs in sy snaakste liedjies is daar ‘n peinsende angel in die wending.
Dié album vestig Wicus van Merwe as ‘n volronde kunstenaar. Kry Hooit!
DIE SPEELLYS
CD1
Ek hoop…
Spietkop (boeremieks)
Hey hey hey
Hooit
Maak los die honde
Paartie vanaand op die strand
Oor die kole
My René
Romeo en Juliet
Krisjan
Buffalo!
Girl van die highway
Fanie se lovesong
Moeniemounie
Liggies
Spietkop
CD2
Gatiep
Hakkelstories
Blondes
Kinderstories
Engels
Dominees
Ouderdom
Army-stories
Die vyftien stories op CD2 is die toonvenster van Wicus se veelsydigheid as storieverteller. Die onmiddellikheid van die gehoordeelname plaas die luisteraar in die humor-aksie.
Dis vernuftig, vlytig, vrolik en verspot.
Verkneukel jou!

|