| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

Wilna Snyman

NOOIT IS ‘N LANG TYD.”

Memoires deur Wilna Snyman .

Dit was nooit my bedoeling om ‘n storie oor my lewe te skryf nie. Trouens,ek het altyd ges ê dat ek nooit so ‘n waagstuk sou aanpak nie. Maar, soos my ma altyd ges ê het: ”Nooit is ‘n lang tyd!”

Die skrywery het sommer so ongemerk begin toe ek op die” 7de LAAN” -stel tussen opnames sit en wag het. Ek het eendag die teks van daardie dag se episode omgedraai en op die blanko agterkant ‘n paar gedagtes neergeskryf.

Dit was net na die Desembervakansie en ek het sit en herkou aan die vreugde van ‘n vakansie saam met ons kleinkinders. Die beelde en klanke van die herinnering het my weggevoer en ek het onwillekeurig begin skryf oor ‘n insident wat op die strand by Hermanus plaasgevind het terwyl ons met ons kleinkinders gespeel het.

Later het ek ongeveer 50 folio bladsye volgeskryf en skielik begin wonder wat ek daarmee moet maak. Dit dalk verwerk met die laaste van my kragte vir ‘n verhoogaanbieding ?

Of in die onderste laai b êre vir my kinders ?

Dis toe dat ek raad gaan soek het by Petrovna Metelerkamp ,‘n ou vriendin wat ek vir die eerste keer mee kennis gemaak het toe sy die drama “Anastasia “ knap vertaal het in Afrikaans in die laat sewentigerjare.Daarna het ek haar weer ontmoet in die Kaap met my aanbieding van “Dear Mrs Steyn” in 1991. Dié opvoering was die verhoogaanbieding van die lewensverhaal van EMILY HOBHOUSE en haar betrokkenheid by die lot van die Boerevrouens in die Britse konsentrasiekampe waar daar bykans 27,000 vrouens en kinders omgekom a.g.v. honger ,siekte en ontbering.

Petrovna het my aangemoedig om ‘n memoire te skryf nadat sy die voorlopige teks gelees het. Sonder haar insette ,haar wyse raad ,geduld en liefdevolle aanmoediging sou ek dit nooit tot hiertoe gebring het nie.Skryfkuns is uit die aard van die saak ‘n dissipline wat vir my totaal vreemd is.Ek ken nie die etiek of ongeskrewe reëls van die genre nie.

Petrovna is ook die samesteller en uitgewer van die hoogaangeskrewe boek oor Ingrid Jonker wat ‘n ruk gelede reeds verskyn het en reeds in sy tweede druk verskyn het.

Ek kyk terug op sewe dekades van my lewe en besef dat verandering en transformasie deel is van die mens se lotsbestemming. Dat alles wat was weer sal wees, en dat ons deel vorm van die universele kringloop van geboorte en dood en konflik en stryd deur die eeue heen.Uit die newels van ‘n leeftyd het ek nou die vermo ë o m terug te kyk op my lewe deur die o ë van ’n kind ,bevry van oordeel of skuld.

Die dammetjie wat ons daardie dag met soveel oorgawe saam met ons kleinkinders op die strand help bou het ,het gelei tot ‘n insident wat aanvanklik net geklink het soos ‘n kleuterkosbaarheid, maar wat die vertrekpunt geword het van ‘n lewensverhaal.

Die verhaal strek oor ‘n periode van ongeveer 60 jaar van ingrypende en indringende verandering in Suid-Afrika, maar ook op persoonlike vlak en teen die agtergrond van w ê reldgebeure.

Dit word ‘n oorsig van etlike vertrekpunte in my lewe, as’t ware ‘n reis per trein wat fokus op betekenisvolle “stasies.” Dis nie ‘n getroue kronologiese outobiografie nie, maar eerder ‘n herinneringsverhaal . Dit belig essensieel die sosiale ,morele en politieke atmosfeer van die tyd waarin ek grootgeword het.Ons wat gebore is op die vooraand van die Tweede W ê reldoorlog is die geslag van ” kinders wat gesien en nie gehoor” is.

Ons is, onder andere ook die moeders van die ” Boetman “ geslag. Die woorde van Emily Hobhouse bykans 100 jaar gelede tydens die Anglo Boereoorlog, het weer tot ons gespreek in daardie jare toe ons seuns opgeroep is om die ”Grens” te gaan verdedig.

“One of the worst features of war, far worse than death, or bodily pains, or material destruction,is the jeopardy of truth,justice and humanity.” Die sinneloosheid van oorlog het ons op eie bodem intens ervaar, veral die van ons wie se seuns die slagoffers van daardie oorlog was.

Terwyl die w ê reld om ons op soveel terreine deur transformasie gaan, gebeur dieselfde proses ook in die mens se lewe. Elke individu droom oor die vervulling van drome ten spyte van verlies ,verdriet of rampspoed.Die afsterwe van soveel in ‘n mens se lewe skenk tegelykertyd geboorte aan nuwe horisonne ,di é twee begrippe loop hand aan hand.Iets wat ek veral in my loopbaan in die teater ervaar het. Op negentienjarige leeftyd het ek byvoorbeeld eers skoolgehou vir etlike jare, voordat die teater later my passie geword het en my lewensloop verander het.

Dit en soveel ander belewenisse het my geloof versterk dat daar geen toevallighede op ons lewensreis is nie maar dat alles mettertyd ontvou in die Goddelike bloudruk wat ons

mee toegerus word wanneer ons in hierdie w ê reld gebore word.Dit is dus ook ‘n reis op geestelike vlak want die lewenstorms wat ons noodwendig tref,skaaf en louter ons sodat ons tot nuwe insigte en ander perspektiewe gedwing word.Ook dat ‘n gesonde humorsin die lewe dikwels omskep in ‘n komedie.Die lag deur die traan!

Dis allermins ‘n liter ê re verhandeling maar slegs die verhaal van ‘n vrou wat afspeel aan die suidpunt van Afrika tussen die jare 1935 tot 2007. Dit word opgedra aan my twee kleinkinders wat my bewus gemaak het van die feit dat ‘n mens moet weet waar jy vandaan kom om werklik te verstaan waarheen jy oppad is.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development