Zak van Niekerk.
Drie jaar later is Zak van Niekerk terug met sy
nuutste DVD, “Gatskop In die Baai”.
Ons het hom leer ken met sy 2003 treffer,
Lekkerkry en daarna het Byt My, Oe Na Na, sy
DVD Zak maak Twak en Ramkat gevolg.
Zak van Niekerk is terug met ‘n splinternuwe
DVD vol treffers en skreeusnaakse stories, soos
net Zak dit kan vertel.
Die DVD sluit treffers in
soos Ramkat; Lekker in Suid Afrika; Jantjie de
Wet; Borrels in my bier en vele meer asook ‘n
duet met die “Deur die Straights”-man, Hugo.
Ons ken hom reeds as ‘n grapmaker en
poetsbakker by uitstek en Zak stel verseker nie teleur met sy lewendige optrede by
Danskraal in Port Elizabeth nie!
Hy is sekerlik een van die beste komediante wat sy
lekker kuier- en luister musiek aanbetref. Met sy unieke manier van mondfluitjie speel,
word hy beskou as die een van bestes. “Gatskop in die Baai” sluit ook drie bonus video’s in van Ramkat; Jantjie de Wet en
Borrels in my bier.
Zak se 1ste CD, Lekkerkry sowel as sy DVD, Zak maak Twak het platinum status bereik,
met Byt My en Oe Na Na ver oor die goue status kerf en ook sterk oppad na platinum
status.
Hierdie is ‘n moet hê DVD, en elke Zak van Niekerk aanhanger sal saamstem dat “Gatskop in die Baai” eintlik “Gatskop in Suid-Afrika” moes heet.
Zak gooi mielies!

Zak van Niekerk is gebore in die hartjie van Namakwaland (Springbok) waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het. Hy’s ‘n plaas laaitie wat hom half vrek rondgehol het agter skape in die Boesmanland, waar sy ouers tot vandag toe nog boer.
Op hoërskool het hy sy eie orkes begin maar gou agtergekom dat die ander manne nie so erg ingestel is op die musiek soos hy nie. So, toe begin hy maar sy eie ding en doen dit tot vandag toe nog.
Tydens sy matriek jaar is hy gekeur vir die SANW Kerkkoor en Konsert groep, ook bekend as die Kanaries, vir ‘n tydperk van twee jaar. Aan die eindie van sy eerste jaar besluit die Staat dat daardie afdeling van die lugmag gesluit moet word en is hy geforseer om vinnig besluite te neem vir sy toekoms. Hy gaan swot toe ‘n jaar in die Kaap waar hy in dieselfde jaar ‘n platekontrak gekry, op ‘n jeugdige ouderdom van 19 sien sy debuut album die lig op 14 Januarie 1999. In 2000 bring hy sy tweede album uit en ‘n jaar daarna besluit hy om weer sy eie ding te doen. Kontrakloos vir amper 3 jaar, toer hy die land vol en tree op in verskeie plekke vir ‘n inkomste.
In 2003 kom die groot deurbraak. Hy teken kontrak by Leo musiek en dinge vat vlam. Spoedig word sy derde album “Lekkerkry” uitgereik wat reeds Goue status bereik en daarna volg nog 2 albums. “Byt my”, amper goud en “Oe Na Na” wat sterk op sy hakke volg.
Hy is sekerlik een van die beste komediante wat sy lekker kuier- en luister musiek insluit. Met sy unieke manier van mondfluitjie speel, word hy beskou as die beste!
Met sy humor, musiek en komedie is hy defenitief ‘n man wat ‘n partytjie aan die gang KAN kry!!
Soos hy altyd sê: GOOI MIELIES BROER TOT ONS WEER ONTMOET!!

|