| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

Soos mens nie die omvang en skoonheid van Stellenbosch se herfswingerde kan vasvang nie, kan mens Zamar-passie nie sonder meer op papier vaspen nie.

Dit gaan vir hierdie musikante daaroor om ‘feestelike musiek te maak met die pluk van snare’ en vandaar die naam, Zamar.

Te midde van meesleurende melodieë en voetstamp-ritmes is daar by die hoogs talentvolle en veelsydige lede van dìe groep primêr die behoefte om hul gehore noot vir noot te inspireer en om elkeen wat luister weg te voer na opwindend-eksotiese musikale bestemmings.

Veronica Bell (Viool), Ignatius Kloppers (baskitaar) en Brian O’Neil(stem en kitaar) is dié wat snare pluk en streel, terwyl Luyda Rukavitsyna Heath haar meesterlik van haar taak kwyt op trekklavier en Danica O’Neill wat haar djembe en perkussie instrumente roer.

Die interessante kombinasie van instrumente dra by tot die heerlike Zamar repertoire wat strek oor genres en landsgrense.

Die musiek is Gypsy en Jazz, dit tango, is tradisioneel, skielik stil en sag, dan weer opruiend en plesierig en kuier boonop orals - van Ierland tot die Ukraine!

DNA Online - Website Design and Development