Canciones del Sur by Die Boer - 24 en 25 Junie 2010
Canciones del Sur/Musiek uit die Suide is die opwindende opvolg van Canciones Españolas, Zanne Stapelberg en James Grace se uitverkoopte vertoning sedert 2006.
Kom luister na nóg vurige Spaanse melodieë uit Argentinië, Amerika, Mexico, Chile, Italië, Cuba, Spanje en Suid Afrika, gesing deur Zanne Stapelberg, James Grace op kitaar en Minette du Toit-Pearce, die smeulende nuwe toevoeging wat dié Afrispaanse trio voltooi!
Hier word klassieke style van uiteenlopende wêrelddele ontgin en vernuwe - van volksmusiek, die tango, milonga en flamenco.
Zanne Stapelberg, Standard Bank Jong Kunstenaar vir musiek vir 2008, Minette du Toit-Pearce, wenner van die ATKV Musiq kompetisie in 2006 en James Grace, hooflektor in klassieke musiek aan die Universiteit van Kaapstad, is drie van Suid Afrika se voorste jong klassieke musici. Hulle produksie Canciones Sur del trek sedert sy debuut by die ABSA KKNK in 2008 vol sale.
DÍT is klassieke musiek met 'n kinkel in die kabel!

|