| Cape Town Restaurant | Dinner Theatre | Live Entertainment | Kaap Stad Restaurante | Aandete Teaters | Lewendige Vermaak |

 
 
 
 
 
 
 
 

 

 

ddisselblom

Sewe jaar na ddisselblom se eerste album en drie jaar na die laaste album word donker grond nou bekendgestel. Dit is ddisselblom se derde vollengte CD en in baie opsigte ‘n terugkeer na ddisselblom se ‘musikale wortels’. ‘n Goeie mengsel van liefdesliedjies, komiese lirieke en sosiale kommentaar soos net Johrné, Jaco en Lienka kan optower! Die diversiteit van die album is ‘n getuigskrif van die individuele groei binne die groep.


ddisselblom is...
Johrné van Huyssteen (Stem & Kitaar)
Lienka Coetzee (Stem & Klavier)
Jaco Spies (Stem & Kitaar)

Musikante...
Riaan Diedericks (Tromme)
AJ Hymann (Baskitaar)

ddisselblom hoogepunte

  • Gaskunstenaars by die bekendstelling van Aardklop 2001 in Johannesburg
  • Gaskunstenaars by die bekendstelling van die Gariepfees 2001 op Kimberley
  • Pendoring toekenning 2001 (Geblikte Afrikaans)
  • Twee professionele produksies by Aardklop 2001 (uitverkoop)
  • CD bekendstelling op Aardklop 2001
  • Dorpstraatteater in Stellenbosch is altyd 'n wenner
  • Een van net 9 produksies op die 'Kollig op die KKNK Fees' in Durban
  • 5 Produksies op KKNK 2002
  • 4 Produksies op Aardklop 2002
  • Sing vir Koos Kombuis op die Casper Rasper Show 2
  • Optrede saam met Stef Bos in die Sand du Plessis teater tydens sy Suid Afrika toer.
  • Enigste Suid Afrikaanse kunstenaars wat die geleentheid gehad het.
  • Optrede saam met Theuns Jordaan en Karen Zoid by ABSA liefdadigheidkonsert.
  • Wenner van 'n Kanna toekenning vir Eietydse Musiek by die KKNK 2003
  • Wenner van 2 Geraas Musiek Toekennings: Beste Duo of Groep & Beste Musiekvideo
  • 4 produksies op Aardklop 2003, kaartjie verkope spring van 165 in 2002 na 1800 in 2003.
  • Oppi-aarde 2003
  • Puk Jool 2003 met ‘n gehoor van 7000 en ddisselblom word doodgesing soos hulle saamsing.
  • 4 produksies op KKNK 2004
  • 3 produksies saam met Koos Kombuis op KKNK 2003 getiteld Kombuisblomme
  • Kaktus op die Vlaktes ook saam met Koos op KKNK 2004 - Definitief een van die hoogtepunte van hoogtepunte
  • Vertoning op KKNK 2004 oor die musiek van Johannes Kerkorrel saam met Cutt Glass, Steve Hofmeyer, Georgia en DNA Strings. Na die produksie word Georgia, DNA en ddisselblom vir ‘n Kanna genomineer.
  • Voorblad van die Insig tydskrif en konstante blootstelling in die media.

WIL JY BY DIE BOER OPTREE:?
Ons verstaan hoe moeilik dit vir jong kunstenaars kan wees om in die vermaaklikheidswêreld in te breek! Dikwels is dit ʼn bose kringloop. As jy nie bekend is nie, kan jy nie by die groot venues speel nie en as jy nie by die groot venues speel nie!!

Ons het ʼn paar opsies om verdienstelike jong kunstenaars te probeer help. Stuur vir ons ʼn cd of mp3 van wat jy al gedoen het asook enige persverklarings, fotos ens wat ons kan help. Kliek hier om ons te kontak. Ons sal graag  daarna luister en jou kontak as ons voel ons jou kan help.

KUNSTENAARSBELEID
Ons wil help om die langtermyn welstand van die uitvoerende kunste in die algemeen, maar in die besonder “lewendige musiek” te bevorder. Die vreugde van musiekmaak lê daarin om saam met ander musikante te speel, of jouself te begelei. Daarom gee ons voorkeur aan kunstenaars wat sonder “backtracks” speel.

Dikwels word kunstenaars geforseer deur suiwer ekonomiese realiteite om “backtracks” te gebruik en ons hanteer elke geval op meriete. Ons vra egter ons gaste om saam met die Boer ons kunstenaars wat ten spyte hiervan steeds verkies om lewendig op te tree, te ondersteun

DNA Online - Website Design and Development